Jaarvegadering Notule 2022

NOTULE van die Algemene Jaarvergadering (JV) van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad wat gehou is op Dinsdag 22 November 2022 om 18:00 in die saal van die APK Bainsvlei, Topsy Smithstraat 1, Langenhovenpark,  Bloemfontein.

 

1.       OPENING

Mev. Marda Oosthuysen, ondervoorsitter, open die vergadering met die lees van dele uit Psalm 91 en ‘n gebed.

 

2.       VERWELKOMING

Die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, verwelkom al die verteenwoordigers van geaffilieerde organisasies hartlik, asook vir me. Lientjie Mentz  van Media 24  en dr. Badenhorst, die BAK-webmeester.

 

3.       LIEF EN LEED

Mev. Oosthuysen word sterkte toegewens vir die prosedure aan haar hand wat op Woensdag 23 November 2022 uitgevoer sal word.

  

4.       PRESENSIE

Teenwoordig:

 

Individue:  Mnr. Willie Engelbrecht – voorsitter

                     

         Kerke:                         Geen.

               

Organisasies:            Mev. Marda Oosthuysen  (ondervoorsitter) – Die Dameskring

Mev. Karn Botha (penningmeester) – Die Dameskring 

                                               Prof.  Barry Frey (sekretaris) – Oranje Rapportryerskorps  

                                                Dr. Eben Proos Vriende van die Oorlogmuseum

                                               Mnr. Marius de Vos – Koördinerende Afrikanerraad (KAR)

                                                Mnr. Lambertus van Rensburg – Ou Presidensie Historiese Vereniging

                                               

Gaste:                         Dr. Johan Badenhorst – BAK-webmeester

                                       Mev. Thelma Marais – Belangstellende

                                       Ds. Retief Botha – Belangstellende

                                       Me. Lientjie Mentz – Media 24

                                               

5.    VERSKONINGS VIR AFWESIGHEID AANGEBIED   

Mnr. Dawie Snyman – Brandkop Voortrekkers

 

6.   NOTULE VAN DIE JAARVERGADERING VAN 17 NOVEMBER 2020

Die notule word as gelese beskou en op voorstel van mev. Marda Oosthuysen,  gesekondeer deur mev. Karn Botha, goedgekeur.   

 

 

7.   FINALISERING VAN DIE SAKELYS

Geen nuwe sake word ter tafel gelê nie.

 

8.   SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULES VAN VORIGE JAARVERGADERINGS

Geen.

 

9.   NUWE SAKE 

 

9.1  Inligting vir die BAK-webblad

 

Die belangrikheid van effektiewe kommunikasie tussen kultuurorganisasies, om onder andere van onderlinge projekte/aktiwiteite kennis te neem en dit te ondersteun, word beklemtoon.

 

BESLUITE

 

9.1.1   Ander plaaslike Afrikanerkultuurorganisasies kan op versoek aan die BAK-webmeester, mnr. Johan Badenhorst, “skakels” op die BAK-webtuiste kry wat dit vir belangstellendes moontlik sal maak om op hul webtuistes in te skakel.

 

9.1.2  Marius de Vos moet die inligting waaroor hy aangaande erfenisterreine in die Vrystaat beskik, aan die BAK-webmeester stuur.

 

9.2  Lewenslange lidmaatskap

 

         Die BAK-bestuur is vroeër vanjaar genader om oorweging te skenk aan lewenslange lidmaatskap vir individue.  Aangesien dit ‘n wysiging van die BAK se reglement sal behels indien dit goedgekeur word, is die saak na die JV vir besluitneming verwys.

 

         Dit word uitgewys dat lewenslange lidmaatskap van die BAK , gepaardgaande met die betaling van ‘n eenmalige bedrag deur ‘n goedgekeurde individu,  tot voordeel van die organisasie sal strek.

 

         BESLUITE:

 

                   9.2.1  Lewenslange lidmaatskap van die BAK vir individue, na goedkeuring van sy/haar aansoek, word goedgekeur.

 

                   9.2.2   ‘n Eenmalige bedrag van R2 000.00 vir lewenslange lidmaatskap, word goedgekeur.

 

                   9.2.3  Die BAK-reglement sal deur die sekretaris aangepas word om vir lewenslange lidmaatskap voorsiening te maak, en aan die Bestuur voorgelê word vir bekragtiging.

 

                   9.2.4   Aansoeke vir lewenslange lidmaatskap sal deur die Bestuur oorweeg word vir goedkeuring, en sal daarna onmiddelik van krag wees.

 

9.3  Stigting van ‘n Erfenisforum vir die Vrystaat

 

         Die vergadering neem kennis van ‘n versoek van die Nasionale Vrouemonumentkommissie (NVMK) aan die BAK , om ‘n Erfenisforum vir die Vrystaat te stig wat (a) na al die Afrikanerkultuurerfenisse in die provinsie sal omsien, en (b) ‘n opname te maak van die huidige status van elke terrein/erfenis, hetsy dit plaaslik, provinsiaal of nasionaal is, en wie/watter instansie tans vir die instandhouding van die erfenis/terrein verantwoordelik is.

 

BESLUITE:

 

9.3.1  ‘n Nuwe struktuur wat na Afrikanererfenisse omsien is nie nodig nie, aangesien die BAK reeds volgens sy Reglement ten doel het om ons erfenis te “bevorder en te bewaar”.

 

9.3.2  Die BAK sal sover moontlik poog om alle plaaslike aksies kragtens sy mandaat, en indien verlang, te koördineer .

 

9.3.3  Inligting wat reeds oor Afrikanerkultuurerfenisse beskikbaar is, moet op een databasis aangebring (gesentraliseer ) word. (Sien ook Besluit 9.1.2 hierbo).

 

9.3.4  Ten einde besluit 9.3.3 ten uitvoering te bring, moet die BAK-bestuur met persone soos Jan-Danie Malan van die FAK en Lambertus van Rensburg van die Ou Presidensie Historiese Vereniging skakel, asook met organisasies soos die Direksie van die Vegkop-museum te Heilbron en die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.

 

9.3.5  Besluite 9.3.1 – 9.3.4 sal aan die NVMK vir kennisname deurgegee word.

 

9.4  Lys van Afrikanerkultuurerfenisse in die Vrystaat

 

         Hierdie saak is saam met item 9.3 op die sakelys hanteer.

 

9.5    Vuurwapens uit die ABO vir oorplasing na die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

 

Mnr. Marius de Vos rapporteer dat die sowat 100 ABO-gewere wat by die Militêre Museum (Ou Fort)  in Bloemfontein geberg word op hierdie stadium veilig is, aangesien huidige wetgewing die verwydering en/of vernietiging daarvan verhoed.  Tans is die wapens onder die beheer van die Parkweg-polisiestasie.

 

Marius  word bedank vir sy ondersoek  oor die bewaring en beheer oor die ABO-wapens.

 

10.  JAARVERSLAG VAN DIE BESTUUR:  2021/22-TERMYN

 

Die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, doen kortliks as volg verslag oor die werksaamhede van die Bestuur gedurende 2022:

                 

Vergaderings van die Bestuur

 

Die Bestuur het gereeld en minstens kwartaalliks vergader met gestruktureerde sakelyste en notules.

 

Jaarlikse Eretoekeningsfunksie

 

Die jaarlikse funksie het op 13 Oktober 2022 by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke plaasgevind. Erkenning is gegee aan mnr. Deon de Jager, dr. Joanita Erasmus-Alt en adv. Colin Steyn.

 

Media-vrystellings

 

Geen mediavrystellings het gedurende die jaar plaasgevind nie.  Die Bestuur was wel nou betrokke by die openbare deelname aan die naamsveranderingsproses van die Taalmonument in die Paarl.  Gesprekke het ook tussen die BAK en die FAK se Kultuurnetwerk plaasgevind rakende die verval van die Ou Presidensie in Bloemfontein.  Daar is ook gesprekke gevoer rakende die bewaring van die ABO-wapens by die Ou Fort.

 

Ledegroei

 

Die Bestuur het deurentyd potensiële nuwe lede bespreek.  Daar was wel groei in 2022 rakende individuele lidmaatskap, maar nie in organisasies nie.  Dr. Arnold Van Dyk het as individuele lid by die BAK aangesluit, en ook navraag gedoen oor die moontlikheid van lewenslange lidmaatskap van die BAK.

 

Bestuursamestelling

 

‘n Woord van dank word aan die volgende persone wat die afgelope jaar (2022) op die Bestuur gedien het gerig:

 

Mnr. Willie Engelbrecht             Voorsitter

Mev. Marda Oosthuysen           Ondervoorsitter

Prof. Barry Frey                              Sekretaris

Mev. Karin Botha                          Penningmeester

Mnr. Marius de Vos                     Gekoöpteerde lid

 

11.   FINANSIËLE SAKE

 

11.1  Finansiële verslag – 2022

 

Mev. Karn Botha lewer kortliks verslag oor die BAK se geldsake, en meld dat die huidige banksaldo by Investec, na vereffening van al die uitgawes vir die Eretoekenningsfunksie in Oktober 2022 (naamlik R7 471.85) en verversings vir die JV, slegs R767.34 is. 

 

BESLUIT:

 

11.1.1  Die Finansiële verslag vir 2022 word goedgekeur.

 

11.2  Ledegeld

Mev. Botha meld dat drie organisasies se ledegeld vir 2022 nog uitstaande is.

BESLUITE

11.2.1  Die Sekretaris sal met die betrokke organisasies wie se ledegeld vir 2022 nog uitstaande is skakel.

11.2.2   Die aanbeveling van die Bestuur dat daar geen verhoging in ledegeld vir 2023 sal wees nie, word goedgekeur.

12.   BESTUURSVERKIESING

Die volgende persone word weer eenparig op die BAK-bestuur vir 2023 verkies: 

Voorsitter:                                   Mnr.  Willie Engelbrecht              

Ondervoorsitter:                        Mev. Marda Oosthuysen             

Sekretaris:                                    Prof. Barry Frey                                  

Penningmeester:                       Mev. Karn Botha

Addisionele lid:                           Mnr. Marius de Vos

                                        

Mev. Marda Oosthuysen bedank die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, vir sy bekwame leiding gedurende 2022.

 

13.   AFSLUITING 

Mnr. Marius de Vos sluit die vergadering af met ‘n gebed.

 

 

 

..................                                                ............                                ..................

Voorsitter