Liefde vir die aarde

LIEFDE VIR DIE AARDE.

Dit is algemene kennis dat miljoene ton plastiek reeds die oseane besoedel het. Fossielbrandstof het die lewensbelangrike samestelling van die atmosfeer   drasties versteur: vullishope en begraafplase vul groot areas van die aarde se oppervlakte en brei daagliks uit. Ondanks die gevaarligte vir die lewe op ons planeet, word daar steeds veel te min hieromtrent besin en gedoen. Die wil tot selfbelang oorheers ons wil tot oorlewing.

 

Die bestuur van die BAK doen ‘n beroep op en rig ‘n versoek aan sy ledeorganisasies en aan die media om sy lede en sy lesers aan te moedig om:-

  • bewustelik te leef;
  • analities en denkend oor sowel besoedeling as bewaring in eie heem — op eie werf, op elke skoolterrein, in en langs die strate van hulle tuisdorp en stad, op die rand van hulle stad, in hulle provinsie, langs die paaie van die  land en in elke provinsie — te (begin) besin;
  • om sowel ledeorganisasies as ander instansies verby besinning en praat te probeer neem in inisiatiewe wat die uitsteek van die hande uit die moue verg.
  • Dus: om ‘n daadwerklik liefde vir die aarde in die praktyk uit te leef
  • en die bewaring en behoud van lewe op die planeet, in Suid-Afrika en plaaslik met die erns wat dit verdien, te bevorder.
  • en om mense aan te moedig om sakke van herwinbare materiaal in plaas van plastiese houers aan te koop.