120 jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog

Aankondiging van die 120-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) Konferensie

(English version also available from the secretary)

9-11 Oktober 2019

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke
Bloemfontein, Suid-Afrika

Herinterpretasie van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog): Nuwe perspektiewe ʼn 120-jaar later

Hierdie jaar vind die 120-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) plaas. Die studie en interpretasie die afgelope jare rakende die oorlog bied nuwe perspektiewe op die kompleksiteit wat hierdie oorlog vir die Suid-Afrikaanse bevolking meegebring het. In ooreenstemming met die Oorlogsmuseum se visie gaan die konferensie die inklusiwiteit en lyding van alle gemeenskappe tydens die oorlog verteenwoordig en so die boodskap oordra dat onderhandeling tussen strydende groepe verkies word bo die ellende van oorlog. Alhoewel die klem inherent geplaas sal word op die historiese interpretasie van die oorlog sal die konferensie poog om ʼn multidissiplinêre benadering te hê. Die 2019 konferensie het ten doel om historici en ander persone wat navorsing doen oor die diverse dimensies van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) byeen te bring. Nie alleen word gevestigde en opkomende historici aangemoedig om die konferensie by te woon nie maar ook sogenaamde amateur historici is welkom. Deelnemers aan die konferensie het nie nodig om geaffilieer te wees met ʼn spesifieke instelling of organisasie nie.

Uitnodiging vir kort voorleggings:
• Voorstelle vir skriftelike of power-point aanbiedings word gevra. ’n 20-minute voorlegging met 10-minute vrae-/besprekingstyd vir deelname deur die gehoor.
• Alle voorleggings (minimum 150 and maksimum 300 woorde) kan per e-pos gestuur word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. as ʼn Word-dokument. Uittreksels en voorleggings mag in Engels of in Afrikaans aangebied word.
• Alle voorleggings is onderworpe aan goedkeuring. ʼn Volledige program sal uitgereik word sodra dit gefinaliseer is.
• Aanbieders kan hul skryfstukke elektronies beskikbaar stel vir moontlike publikasie in die Joernaal van die Anglo-Boereoorlogmuseum.
Temas:
Veldslae en skermutselings
Beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe
Krygsgevangenes
Vroue en die oorlog
Jeugervaringe
Britse- en Boeredeelname
Swart betrokkenheid
Erfenisbewaring
Donker / Traumatiese toerisme
Nuwe perspektiewe en navorsing rakende aspekte van die oorlog byvoorbeeld die uitwerking van trauma oor generasies heen

Belangrike datums:
• Finale datum vir indiening van voorleggings 30 April 2019.
• Kennis van aanvaarding van voorleggings 31 Mei 2019.
• Registrasie vir die konferensie sal op ʼn later stadium bekend gemaak word

TOELATINGSVORM VIR VOORLEGGING
(Alleenlik voorleggings wat op hierdie vorm aangedui is, sal aanvaar word)

Titel Mnr. / mej. / mev. / dr. / prof.
Voorletters en eerste naam
Van
Instelling (indien van toepassing)
Departement (indien van toepassing)
Posadres
Land
E-pos
Telefoon

Voorsien ʼn kort CV (Maksimum 100 woorde)

Temas Merk met ʼn X
Veldslae en skermutselings
Beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe
Krygsgevangenes
Vroue en die oorlog
Jeugervaringe
Britse- en Boeredeelname
Swart betrokkenheid
Erfenisbewaring
Donker / Traumatiese toerisme
Nuwe perspektiewe en navorsing
Diverse

Voorlegging (Minimum van 150 and maksimum 300 woorde – titel, sleutelwoorde en verwysings uitgesluit)

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke kontakbesonderhede
Posadres: Oorlogsmuseum, Posbus 34061, Faunasig, 9325, Suid-Afrika
Straatadres: Oorlogsmuseum, Monumentweg, Bloemfontein, 9301, Suid-Afrika
Telefoon: +27 51 447 3447 / +27 51 447 0079 Faks: +27 51 447 1322
Algemene epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Webwerf:
www.anglo-boer.co.za
Facebook:
https://www.facebook.com/Official-Anglo-Boer-War-Museum-247267542136112/?eid=ARAOteNmYAuPl5k4JlExHZ4dli0be2NfvcF2xaT1NgvLgB8ZrNik3QJOAezBfgNeLZKAhKDAWN1WwQ3X - Official: Anglo-Boer War Museum
Twitter:
https://twitter.com/ABWMuseum - @ABWMuseum