Kultuuralmanak

Onafhanklike Hervormde Gemeente Bloemfontein

Sondag-eredienste

Kerkgebou van die APK Bainsvlei,

h/v Elias Motsoaledi-straat en Topsy Smithlaan in Langenhovenpark

S2906'05.35“   O2609'49.72“

Tans wintertyd 11:30 (winterskoolvakansie 11:00)

 

Somertyd 11:00

16 Junie 2019

 

Konsentrasiekampgedenkdiens

9:30           Erediens

10:30                  Vertelling en skyfievertoning

Saam met APK Bainsvlei en Konsentrasiekampbelangegroep

Meer besonderhede volg

Saterdae

 

Stalletjie by Boeremark

Kiaatlaan regoor Pronto Koffiewinkel, Stalletjie nr 230 en 231

Boepensbroodjies     @      R18.00

Kerrie en rys                @      R35.00

Pannekoek                 @      R  4.00

Yskoue koeldranke   @      R12.00

KONTAK ASB:

 

Ds LJ (Lewis) Strauss

Onafhanklike Hervormde Gemeente Bloemfontein

Benedictus Koksingel 15, Universitas, 9301

Sel 076 061 0129

VRIENDE VAN DIE OORLOGMUSEUM JAARPROGRAM:

a) 16 FEBRUARIE om 9h30:

Kestell-kranslegging en gedenklesing deur Johanna Botha:Onderwep - Genealogie van Ds. Kestell en Truida Kestell(neé Hofmeyer)

b) 19-21 APRIL(PAASNAWEEK):

Naweekuitstappie na Bankfontein Phillipolis waar ons o.a. Genl. Renier Grobler se graf besoek asook Grootfontein(Liebenberg), Kaliesfontein, Phillipolisdorp, skermutselings tydens 2de en 3de dryfjagte op de Wet. Lesings en verblyf op Bankfontein by Dr. Joop Fourie(kenner van klippe, bome, bossies en kruiemedisyne!)

Koste: waarskynlik nie meer as R600 pp.(vervoer uitgesluit). Sodra getalle het sal ek finale prys bevestig. Sal waarskynlik in motors ry. Belangstellendes moet so gou moontlik bespreek. Ekself het waarskynlik plek vir 2 of 3 persone wat saam kan ry en 2 of 3 individue/pare wat kan oorslaap Vrydag 19de en Sondag 21ste(die wat ver kom)

c) 1 JUNIE om 9h30:

- Bittereinder kranslegging en gedenklesing deur Dr. Willie Pretorius:Onderwerp - ‘Bittereinder broers’- oorlogservaringe van Ouboet en Henning Viljoen(seuns van Genl. P.R. Viljoen)

d) 25 JULIE om 18h00 vir 18h30:

- Sop en sjerrie-aand: Lesing deur Dr. Garth Benneyworth - Onderwerp: ‘Traces of forced labour during the SA War’(black civilians in concentration camps)

e) SEPTEMBER-TOER 2019:

-Sodra ons inligting ontvang vanaf Pretoria-tak wat die toer moet reel sal ons die inligting deurgee. Daar was ‘n versoek dat dit moontlik na die Kaapse Middelland sal wees maar hul bestuur moet nog ‘n finale besluit neem.

f) 2 NOVEMBER om 9h30:

- Jaarvergadering en lesing: Onderwerp - Krygsgevangenekuns deur Vicky Heunis



VRIENDE VAN OORLOGMUSEUM

Graag wil ek namens die Vriende van die Oorlogmuseum, ander organisasies, verteenwoordigers, bestuurslede  en/of individue uitnooi om deel te neem aan ons jaarlikse kranslegging en Bittereinder gedenklesing by die Burgermonument, Oorlogmuseum wat plaasvind om 9h30 op Saterdag, 1 Junie 2019. Ek sal bly wees indien u dit onder u geaffilieerde organisasies, lede, kollegas en vriende sal versprei!
Dit vorm deel van die 120- jarige herdenkingsprogram.

PROGRAM: Saterdag, 1 Junie 2019

9h30: OPENING EN KRANSLEGGING. SALUUT DEUR OORLOGSPOORT KOMMANDO EN ‘LAST POST’
10h00: BITTEREINDER GEDENKLESING IN OUDITORIUM VAN MUSEUM.
ONDERWERP: BITTEREINDERS: GENERAAL PIET RETIEF VILJOEN EN SEUNS SE BYDRAE TYDENS DIE ABO
SPREKER: DR. WILLIE PRETORIUS VAN PRETORIA

10h50: VERVERSINGS TEEKAMER

RSVP VOOR 21 MEI 2019. Organisaies moet eie kranse voorsien.

Arnold van Dyk ( Voorsitter )
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Die Oorlogsmuseum bied aan: `n Boereradio Rockfees tydens die 120-jarige Herdenking van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Kom geniet `n opelugkonsert by die Oorlogsmuseum (Vrouemonument) in Bloemfontein se amfiteater met bekende kunstenaars Radio Kalahari Orkes en Adam Tas, asook die plaaslike talent van Dirk en die Republiek, Jacobus Silwer en Band sowel as Thabo Hlongwane.

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2019 met R18000-prysgeld geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat begin nou in die laaste pylvak inbeweeg en ons sal dankbaar wees as u dalk dekking daaraan sal gee vir diegene wat nog graag wil inskryf - so ongeveer 'n maand oor voor die sluitingsdatum op 13 Mei 2019!!

Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2019 van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging:

R18 000-prysgeld geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en ’n slypskool by bekroonde en veelvertaalde oud-misdaadjoernalis en  spanningskrywer, Karen Brynard, op die spel!

Digters  en skrywers in die hoërskool (gr. 8 – 12), studente en volwasse skrywers, insluitende niemoedertaalskrywers van Afrikaans, het nog ongeveer ’n maand oor om in te skryf vir die bekende Nasionale BSV-skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) wat die 13de Mei 2019 sluit.

          Die wedstryd bestaan reeds sedert 1979 en word aangebied in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat die inskrywings ontvang. Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat tree vanjaar vir die tiende agtereenvolgende jaar as borg van die skryfwedstryd op omdat die ontdekking van veral jong talent vir beide die BSV en die UV na-aan die hart lê. Vier gesoute onafhanklike beoordelaars, self bekroonde skrywers en akademici, identifiseer jaarliks meesterlik onontdekte skryftalent.

 

          Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, lewer die wedstryd jaarliks nuwe, onontdekte skrywerstemme op wat kort voor lank debuteer, soos 2017 se Ingrid Jonkerpryswenner, Hilda A. Smits wat haar bundel uit Amerika by die BSV in NALN, Bloemfontein kom bekendstel het en daarna vereer is met ’n nasionale letterkundeprys. Binnekort debuteer Hannes Visser, gereelde BSV-Slypskoolgabger en BSV-wenner en redakteur van Courant in Oudtshoorn ook en ook hy kom in Mei sy bundel by die BSV in NALN bekendstel. (Vroeëre BSV-wenners sluit bekende skrywer in, soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Carina Stander, Piet Steyn, Sonja Loots, om maar enkele van die welbekende skrywers wat die BSV-wedstryd as wegspringplek gebruik het, te noem.)

          Veral skoolgroepe en tersiêre studente word aangemoedig om in groot getalle deel te neem aan hierdie tradisieryke skryfwedstryd met ’n heerlike verskeidenheid onderwerpe vir elke smaak. Ook vir niemoedertaaldeelnemers van Afrikaans is daar aanmoedigingspryse op die spel, asook die moontlikheid van beurse om die slypskool gratis by te woon.  Buiten vir kontantpryse en die publikasie van weninskrywings in Inkvars, word al die wenners van al die kategorieë genooi om gratis die jaarlikse Nasionale BSV-slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat ook deur die publiek bygewoon kan word, op 24 Augustus 2019 by die dinamiese bekroonde en veelvertaalde oud-misdaadjoernalis en spanningskrywer, Karen Brynard, by te woon.

Genres waaraan deelgeneem kan word, is ’n kortverhaal, kortkortverhaal, skets/vertelling, essay en ’n gedig. Buiten vir prysgeld, trofeë en sertifikate, word die weninskrywings jaarliks in die publikasie, Inkvars (Redakteur: Corlietha Swart) gepubliseer – ’n publikasie wat deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen, Nederland/ Zuid-Afrika befonds word en met groot vrug deur stelwerkonderwysers in stelwerkklasse gebruik kan word, omdat selfs die beoordelaarsverslae van die vier gerekende BSV-beoordelaars in die publikasie opgeneem word.

BSV-kryfwedstrydreëls en inskrywingsvorms kan self elektronies afgelaai word by http://bloemsv.wordpress.com onder Skryfwedstryd 2019, of u kan die BSV-sekretaresse, mej. Roline Brits, kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Ons hou die pos dop vir u inskrywings!

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) gee u graag kennis en nooi u vriendelik graag uit na ‘n prestige-Eretoekenningsfunksie wat (DV) op Donderdag 6 Junie 2019 om 18:00 vir 18:30 by NALN aangebied word. Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende persone gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

 Coenie de Villiers, Lucas Maree (postuum), Anton Esterhuyse en Elsa Krantz

Kaartjies vir die funksie is teen R100.00 p.p. by Hennie Maartens (selnr. 083 3880047), Barry Frey (selnr. 083 4621963), Willie Engelbrecht (selnr. 082 7281489), Chris Verwoerd (selnr. 082 8004708), Karn Botha (selnr. 082 5640967) en Arno Odendaal (selnr. 060 5251865) beskikbaar.  

U en u gade / metgesel se teenwoordigheid by die funksie sal baie waardeer word.

Hierdie geleentheid word in samewerking met die vriende van NALN gedoen.

Vriendelike kultuurgroete,

Hennie Maartens (Sekretaris)

083 3880047

 

Gebeure op die kultuurfront

 

Februarie / Maart 2019

 

Maandag 25 Februarie 2019

18:30

Geanalogiese byeenkoms

Spreker: Mev JO Botha

Skakel 0514368537

Oorlogsmusen Ouditorium 

Vrydag 1 Maart 2019

18:00

Wêreldbiddag vir vroue

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Gemeente Gardeniapark

Jasmynlaan, Gardeniapark

Vrydag 1 Maart 2019

18:00

Wêreldbiddag vir vroue

Spreker: Ds Elsa Meyer

NG Hugenoot

Picardystraat, Bayswater

Vrydag 1 Maart 2019

18:00

Wêreldbiddag vir vroue

Skakel 0646516545

Assemblies of God Kerk,

Heidedal

Saterdag 2 Maart 2019

09:00 

12:00 Musiekfees

Lof-en-dank kermis

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Haldonweg

Saterdag 2 Maart 2019

Dr CF Visserskool Gholfdag

R250 per speler

Skakel 0514331213

Tempe Gholfbaan

Vrydag 8 Maart 2019

17:00

Basaar

Skakel 0823375492

NG Gemeente Fichardtkruin

Landsmanstraat, Fichardtpark

Vrydag 8 Maart 2019

17:00

Pap-en-Sosatie aand

met slaai en nagereg

@R50 per persoon

Skakel 0827817926

Onze Rust Gemeente

Genl de Wet

     
Page 2 of 2