Kulturele kontak met Afrikaners en Afrikaansprekendes in die buiteland

Hieronder is BAK se die motivering, waarom ons kontak met ons Taalgenote in die Buiteland wil maak:

"In die lig van die feit dat die Afrikaanssprekende as kulturele groep op ons planeet staatkundig ‘n minderheidsgroep is, het die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad besluit om kontak met taalgenote in die buiteland te maak. Ons wil graag by u en ander taalgenote elders in die wêreld verneem wat u gevoel oor Afrikaans en die bevordering daarvan in u land is. By ons in Suid-Afrika is ons op burgerlike organisasies soos Solidariteit, AfriForum, Afrikaans.com, en andere aangewese om daadwerklik Afrikaans in stand te hou en te bevorder. Geen hulp word van die Staat ontvang nie.

Ons sal onder andere ook graag by u wil verneem wat u projeksie oor Afrikaans in u land is. Hoe lank kan dit oorleef? Wat doen Afrikaners in hul nuwe lande om dit lewendig te hou?" 

Ons het die volgende reaksie van ds Rian Steyn van die SA Gemeente in Londen ontvang:  Ons het die toestemming van ds Steyn verkry om dit op ons webwerf te plaas: 

Dankie vir die navraag.  Ons eredienste by ons gemeentes van die SA Gemeente in die VK is in Afrikaans, maar omdat ons ‘n groeiende getal Engelsprekende lidmate het, is daar ‘n direkte vertalingsdiens beskikbaar tydens ons eredienste. Ons het op hierdie stadium 11 eredienste reg oor Engeland per maand.

Dit is te verstane dat ons kontak met ander kerke en organisasies in die VK egter volledig in Afrikaans is. Ons het goeie kontak met die Suid-Afrikaanse Ambassade hier in Londen, maar ook daardie kontak is in Engels.

Ons Sondagskool is tweetalig afhangende van die samestelling van die klasse. Kinders wat skool toe gaan raak al hoe meer Engels en dit is in die hande van ouers wat kies om steeds Afrikaans in die ouerhuise te praat, wat die taal lewendig hou.  Ons kry dat die saak van Afrikaans vir party ouers belangriker is as ander, maar die meerderheid ouers doen dit steeds.

Vir meer inligting oor die gemeente besoek gerus ons webblad www.sagemeente.com